Gretha le Roux

HEBRON…: Vir party die reënboog se punt, vir ander ‘n laaste uitweg, vir moedeloses ‘n oplossing.
Vir ons inwoners ‘n beloofde land wat deur Gretha Le Roux, die moeder van Hebron, gestig is.

Ons noem hulle die “liquorish all-sorts”, so ‘n verskeidenheid is hier. Hier werk niemand vir salarisse nie, hulle soek net ‘n oor om te luister.

Sommige inwoners was die slagoffers van gesinsgeweld, ander het hulle werk weens regstellende aksie verloor en nog ander het hulle aan een of ander soort verslawing oorgegee.  Maar almal het een ding gemeen: Hulle het ‘n veilige hawe in Hebron gevind.

Gretha het sowat 22 jaar gelede Hebron Huis vir Haweloses in die lewe geroep. Die idee vir ‘n sorgsentrum is deur die Here op Gretha se hart gelê.

Gretha le Roux
Waag dit met God - Gretha le Roux

Ons is nie ‘n rehabilitasiesentrum nie maar daar is kundiges en beraders wat help. Tans woon hier sowat 100 mense wat andersins sonder heenkome sou wees.

Want die lewe het geen waarborge nie en armoede kies nie ouderdom of kleur nie. Armoede het wel ‘n gesig en ‘n naam.

Die plaas waarop Hebron is, is jare gelede deur die le Roux’s gekoop.

Greta se man, Fanie, is in Desember 2012 na ‘n lang stryd teen kanker oorlede.

Greta se boek, Waag dit met God, is ook reeds geskryf en deur haarself gepubliseer.

Greta se kontak nrs: 082 607 7198