Hebron Projekte

Ons ontvang geen staatshulp nie en is totaal afhanklik van donateurs vir alle daaglikse behoeftes. Werkende inwoners moet die helfte van hul salaris vir verblyf en etes inbetaal. Pensioentrekkers moet die helfte van hul inkomste vir verblyf en etes inbetaal.

Die inwoners word deur maatskaplike werkers na Hebron verwys. Daar is ook inwoners wat eenvoudig weggegooi word, hier afgelaai is en nooit weer kom haal is nie. Die nood raak so hoog dat hulle partymaal self hier vir hulp aanklop.
Die mense werk self aan die opbou van Hebron. Die Here stuur die ambagsmanne en kundiges oor ons pad soos wat die behoefte ontstaan.

Hoe kan ek betrokke raak by Hebron?

  • Gee gereelde opleiding in lewensvaardighede
  • Geestelike versorging en gereelde bybelstudies
  • Fiksheidsklasse en oefengroep leiding
  • Oplei van persone in verskillende vaardighede
  • Finansiële bystand
  • Bydraes ten opsigte van kos en klere